My liefde vir buite wees, die son op my arms voel, in die natuur te wees – dit kom direk van my Ma se gene af. My liefde vir stap, dit kom van my ouma af, wat met haar kort beentjies en no 3 skoen-grootte voetjies myle en myle en myle op die strand kon stap..
Ek is bevoorreg dat ek op soveel wonderlike stappe kon gaan. My nommer 1 liefde-die Drakensberge, die Himalayas, die Camino, Reunion, en die big daddy van Alles: hierdie Appalachian Trail.
En altyd as ek stap sê ek (en ek het dit al so baie vir mense gesê) dat as Ma toe Ma jonger was die kanse gehad het wat ek gehad het, sou ma verseker ‘n Hiker uitgedraai het. En baie keer as ek stap dan dra ek Ma vir so rukkie op my skouer. En ek kyk na die veldblomme en die blou berge en selfs die silly voëltjies asof ek deur Ma se oë kyk – en ek wens Ma kon regtig saam met my stap.
Lief ma baie: moenie bekommerd wees nie ons love elke oomblik
Like die een baie…
LikeLike
Ai, die trane loop Ria… So mooi xx
LikeLiked by 1 person